Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

 
 

Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

TOEPASSINGS-OLYMPIADE: INSTRUKSIES AAN DEELNEMERS:

  1. Daar is twee afdelings, BASIES en OPE. Die OPE-afdeling is veeleisender as die BASIESE-afdeling. Slegs deelnemers aan die OPE-afdeling het 'n kans om na die Tweede Ronde genooi te word – mits hul tellings hoog genoeg is.
  2. As jy aan albei afdelings deelneem, sal die indiening van uitslae vir albei afdelings tot diskwalifikasie lei. Kies slegs een afdeling.
  3. Alle antwoorde moet in die toepaslike plekke ingetik of geplak word.
  4. Jy mag die vrae in enige volgorde doen, maar jy moet seker maak dat die antwoorde korrek geplaas word.
  5. Die lêers wat jy nodig het om die vrae te beantwoord is aan jou skool verskaf. Vra jou onderwyser/toesighouer waar om hulle te vind. Anders kan dit van die kompetisieblad afgelaai word voordat jy begin.
  6. Die vraestelle moet onder “eksamentoestande” voltooi word. Geen kommunikasie (mondeling, elektronies of enige ander vorm) met ander deelnemers word toegelaat nie.
  7. Jy mag die toepassing van jou keuse gebruik om enige van die vrae te beantwoord en, indien nodig mag jy die data omskakel soos dit jou pas.
  8. Jy het een uur (60 minute) om die 20 vrae in die vraestel te voltooi.
  9. Elke korrekte antwoord tel vyf (5) punte.
  10. Jy moet jou lêers stoor waar jy hulle gevind het en waar jou onderwyser toegang kan verkry in geval die beoordelaars wil sien hoe jy die antwoorde verkry het. Moet nie enige lêers uitvee nie. Moet nie probeer om enige lêers te verander na die einde van die wedstryd nie.
  11. Vier alle vrae, indien die antwoord ‘n nommer is, gee slegs die nommer sonder enige eenhede.

 

Watch video: How to register your participation for the Olympiad