Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

 
 

Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

2024 Programmeringsolimpiade 

Ronde 1

Watch Video: How to register your participation

 

Voor die tyd

  1. Maak seker jy ‘n gebruikersnaam en wagwoord van jou onderwyser soos hier onder aangedui, ontvang.

Hoe om op die webwerf ann te teken (logging in)

  1. Vir Engels gaan na http://challenge.beaver.org.za
  2. Vir Afrikaans gaan na http://talent.beaver.org.za
  3. Lees die instruksies op die “Welcome” skerm.
  4. Op die Welkom skerm, klik op die groot Teken aan knoppie (bo regs op die skerm).
  5. Teken aan met die gebruikersnaam en wagwoord en klik op die Teken aan knoppie.
  6. Vul jou naam, van, graad (bv. 7 or 8), geboortedatum en geslag in en Stoor . Let wel: Hierdie is die naam wat op jou sertifikaat sal verskyn en kan nie later verander word nie.

 

  1. Klik en lees die Instruksies (PO) oortjie (tab) bo regs op die skerm.

Kies ‘n kompetisie (Competition)

  1. Klik op Kompetisies (regs bo-aan die skerm).
  2. Kies Programmeringsolimpiade”.

Beantwoord die vrae

  1. Die stel Programmeringsolimpiade vrae sal verskyn. Klik op die naam van die eerste vraag wat jy wil beantwoord.
  2. Dit stel die klok (bo regs) aan die loop.
  3. Jy het nou een uur (60 minute) om al vier vrae (16 antwoorde) te voltooi.
  4. Skryf die nodige rekenaarprogram op jou eie rekenaar en stoor.
  5. Tik die antwoord in die blok op die webblad.
  6. Klik op Stoor . Let wel: ‘Nie gestoor nie’ is dieselfde as ‘nie beantwoord nie’.
  7. Die uitvee knoppie vee jou antwoord uit sodat jy ‘n ander antwoord kan plaas.
  8. Klik op Volgende (bo links) of kies ‘n nuwe vraag uit die lys aan die linkerkant.
  9. ‘n Regmerk () sal langs elke vraag wat jy beantwoord het, verskyn. Dit beteken nie dat jou antwoord noodwendig reg is nie, net dat jy die vraag beantwoord het. Geen regmerk beteken dat jy die vraag nog nie beantwoord het nie, of dat jy vergeet het om dit te stoor.

As jy vas hak

  1. Jy kan altyd na ‘n vraag terugkeer deur op die naam van die vraag te klik.
  2. Jy mag jou onderwyser vra om moeilike woorde of sinne te vertaal maar hy/sy mag jou nie help om die vrae te beantwoord nie.

Indien van datalêers – Maak seker (NB!!)

  1. Maak seker dat jy jou programme as volg stoor voordat jy dit indien: Q3 Sam King, username, Python 2.7. Druk (“Zip/ compress”) jou programme saam. 
  2. As jy al die vrae klaar beantwoord het, klik dan op “Einde”. Dien jou programme op die volgende blad in. Sonder die indiening van jou programme wat jou werk bewys, kan jy nie voortgaan met die tweede rondte van die programmeringsolimpiade nie.
  3. Stoor jou programme by die skool op ‘n plek waar jou onderwyser dit kan vind ingeval die beoordelaars daarvoor vra. Maak seker dat geen veranderinge na die kompetisie aan die programme aangebring word nie.

Einde

  1. Indien jy voor die tyd klaarmaak, maak seker dat jy al die vrae reg beantwoord het en klik dan Einde onder aan die lys vrae aan die linkerkant. Na jy Einde gekies het, kan jy nie weer teruggaan nie.
  2. Om uit te teken klik op die Teken uit knoppie (bo regs op die skerm).
  3. Die resultate sal na jou skool gestuur word ongeveer tien dae na deelname.

Rekening Informasie: Op enige gegewe tyd voor of na jy deelneem, maak seker dat al die gegewe informasie korrek is vir sertifikaart-doeleindes.

  1. Gaan na http://challenge.beaver.org.za (Engels) of http://talent.beaver.org.za (Afrikaans). Klik op Rekening in die regter boonste hoek en maak jou veranderinge.

 

INFORMASIE VIR AANLYN DEELNEMERS

 

ROUNDTE 2

 1. Reëls:

Lees asseblief die instruksies op jou skerm versigtig deur. Geen krediet word gegee vir antwoorde wat nie 100% korrek is nie.  Dit kan 'n verskil maak in hoe jy die kompetisie benader.

2. Resultate:

Maak seker dat jy jou graad ingevul het, anders sal die kompetitisie nie aan jou beskikbaar gemaak word nie.

 

3. Sertifikate

Sertifikate word toegeken soos hieronder getoon vir elke graadgroep:

Goud: Die boonste 7% van alle deelnemers landwyd

Silwer: Die volgende 14% van alle deelnemers landwyd

Brons: Die volgende 29% van alle deelnemers landwyd

 

Graadgroepe: Graad 10 en laer , Graad 11 en Graad 12

 

4. Tydsbeperkings:

Die kompetisie is presies 1 uur (60 minute) lank. Die stelsel sal jou na 60-minute afsny. 

 

5. Hulp:

Geen hulp van buite word tydens die kompetisie toegelaat nie - bv. geen boeke, programme of ander persone nie. Jy kan die hulpfunksies gebruik wat deel uitmaak van die toepassings. Die voorwaardes is dieselfde as vir enige soortgelyke praktiese Senior Sertifikaat-eksamen.