Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade
RONDE 2 TOEPASSINGS-OLYMPIADE: INSTRUKSIES AAN DEELNEMERS:
- Beantwoord alle vrae.
- Jy mag die vrae in enige volgorde doen, maar jy moet seker maak dat die antwoorde korrek geplaas/genommer is.
- Die lêers wat jy nodig het om die vrae te beantwoord, is aan jou skool verskaf. Vra jou onderwyser(es)/toesighouer waar om dit te kry.
- Die vraestel moet onder "eksamentoestande" voltooi word. Geen kommunikasie (mondeling, elektronies of in enige ander vorm) met ander deelnemers word toegelaat nie.
- Jy mag die toepassing van jou keuse gebruik om enige van die vrae te beantwoord en, indien nodig, mag jy die data omskakel soos dit jou pas.
- Jy het een-en-‘n-kwart uur (75 minute) om hierdie vraestel te voltooi. Na een uur mag jy tyd gegee word om jou antwoordblad te druk, maar geen toevoegings of veranderings aan die antwoorde of lêers sal toegelaat word nie.
- Elke korrekte antwoord tel vyf (5) punte.
- Jy moet jou lêers stoor waar jy dit gevind het en waar jou onderwyser toegang daartoe kan kry ingeval die beoordelaars wil sien hoe jy die antwoord verkry het. Moet nie enige van die lêers uitvee nie. Moet nie probeer om enige lêers te verander na die einde van die kompetisie nie.
- Vir alle vrae, as die antwoord 'n nommer is, gee net die nommer sonder enige eenhede.