Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

 
 

Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

Round 2 Applications Olympiad: Instructions to participants

  1. Beantwoord alle vrae.
  2. Jy mag die vrae in enige volgorde doen, maar jy moet seker maak dat die antwoorde korrek geplaas/genommer is.
  3. Die lêers wat jy nodig het om die vrae te beantwoord, is aan jou skool verskaf. Vra jou onderwyser/toesighouer waar om dit te kry.
  4. Die vraestel moet onder "eksamentoestande" voltooi word. Geen kommunikasie (mondeling, elektronies of in enige ander vorm) met ander deelnemers word toegelaat nie.
  5. Jy kan die toepassing van jou keuse gebruik om enige van die vrae te beantwoord en, indien nodig, mag jy die data omskakel soos dit jou pas.
  6. Jy het een uur en vyftien minute (75 minute) om hierdie vraestel te voltooi. Geen toevoegings of wysigings aan die antwoorde of lêers sal na een uur en vyftien minute toegelaat word nie.
  7. Elke korrekte antwoord tel vyf (5) punte.
  8. Jy moet jou lêers stoor waar jy dit gevind het en waar jou onderwyser toegang daartoe kan kry ingeval die beoordelaars wil sien hoe jy die antwoord verkry het. Moet nie enige van die lêers uitvee nie. Moet nie probeer om enige lêers te verander na die einde van die kompetisie nie.
  9. Vir alle vrae, as die antwoord 'n nommer is, gee net die nommer sonder enige eenhede.

Kyk die video: "How to register your participation for the Olympiad"