Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

 
 

Computer Olympiad / Rekenaarolimpiade

PROGRAMMERINGS-OLIMPIADE: INSTRUKSIES AAN DEELNEMERS:

  1. Hierdie vraestel is vir ALLE deelnemers.
  2. Alle antwoorde moet op die kompetisie webwerf, wat jy met jou aantekeningsbesonderhede (login) gekry het, beantwoord word.
  3. Vir elke korrekte antwoord (afvoer) op vraag 1 word ses (6) punte toegeken, terwyl vir ’n korrekte antwoord op vraag 2 nege (9) punte en op vraag 3 tien (10) punte toegeken word.
  4. Jy het 60 minute om soveel vrae as moontlik aan te pak.
  5. Programme moet leesbaar en bondig wees en van toepaslike veranderlikename gebruik maak.
  6. Gee die vraagnommer, jou naam, van , “username” en die programmeringstaal en weergawe wat jy gebruik in ’n kommentaarlyn aan die begin van elke program, bv. “V3 Koos Smit, username, Python 2.7
  7. Jy mag aanneem dat die toevoer volgens die spesifikasies van die probleem is, en jy hoef dit nie te toets nie.
  8. Moenie kode skryf om net spesifieke antwoorde te verskaf nie, aangesien die eksterne beoordelaars ander toetsdata mag gebruik.
  9. Maak seker om jou programme op te laai voordat jy af teken, en as ‘n ekstra voorsorgmaatreël stoor die programme wat jy geskep het in ‘n plek waar jou onderwyser(es) dit kan vind.
  10. MOENIE ENIGE PROGRAMME NA DIE EINDE VAN DIE KOMPETISIE VERANDER NIE, DIT SAL JOU DISKWALIFISEER.
  11. GEBRUIK VAN ANDER WEBWERWE: Enige poging om ander webwerwe of bronne van inligting gedurende die kompetisie te gebruik, sal jou diskwalifiseer.
  12. Uitslae sal op 3 September aan die skool gestuur word.
  13. Die oorspronklike (Engelse) teks is bindend.

 

Klik nou op die "Instruksies (PO)" oortjie (tab) bo regs om instruksies te lees of klik op "Teken aan" om met die kompetisie voort te gaan.